Kompetisie: Blitsfiksie
Kreatio nooi alle aspirantskrywers uit om deel te neem aan ons opwindende Blitsfiksiekompetisie! Hierdie is jou kans om jou kreatiwiteit uit te leef met 'n kort, kragtige wetenskapfiksieverhaal wat die verbeelding prikkel. Ons is op soek na stories wat die tema van Lewe op 'n ander planeet verken in die beste styl van blitsfiksie – bondig, impakvol en onvergeetlik.
Riglyne
Tema: Lewe op 'n ander planeet
Jou verhaal moet 'n wetenskapfiksietema volg en die lewe op 'n ander planeet uitbeeld. Dit kan handel oor menslike kolonisasie, vreemde wesens, futuristiese samelewings, of enigiets wat jou verbeelding na 'n ander wêreld neem.
Woordbeperking
- Stories moet tussen 800 en 1 000 woorde wees.
- Inskrywings korter as 800 of langer as 1 000 woorde sal gediskwalifiseer word.
- Die woordtelling sluit nie die dekblad in nie.
Formaat
- Microsoft Word-dokument (.doc of .docx)
- Gebruik Arial 12 pt lettertipe.
- Dubbelspasiëring vir die teks van die verhaal.
- Sluit 'n dekblad in met die volgende inligting: Jou naam en van, selfoonnommer, e-posadres, titel van jou blitsfiksieverhaal.
- Die verhaal begin op die tweede bladsy.
Inskrywingsfooi
- R100 per verhaal.
- Bankbesonderhede:
Rekeningnaam: Kreatio
Banknaam: Capitec Business (nie die gewone Capitec nie)
Tjekrekening: 105 401 9070
Takkode: 450 105 - Gebruik asseblief jou naam en van as betalingsverwysing.
- Bewys van betaling moet saam met die inskrywing ingedien word by kompetisie@kreatio.co.za.
Beperkings
- Nie meer as drie inskrywings per persoon nie.
- Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees op die sluitingsdatum.
- Stories moet oorspronklik wees; nie voorheen gepubliseer nie (insluitend aanlyn platforms), en nie gelyktydig vir ander kompetisies ingedien word nie.
- Stories moet in Afrikaans geskryf wees.
- Jou storie moet jou eie werk wees. Plagiaat en KI (kunsmatige intelligensie) sal gediskwalifiseer word.
Sluitingsdatum
- Alle inskrywings moet teen 31 Maart 2026, 23:59 SAST ontvang word.
- Laat inskrywings sal nie aanvaar word nie.
Indiening
- Stuur jou inskrywing (Word-dokument en bewys van betaling) per e-pos na kompetisie@kreatio.co.za.
- Die onderwerp van die e-pos moet wees: Blitsfiksie 2026: [Jou naam en van].
- Maak seker dat jou dokument die korrekte formaat volg en dat alle vereiste inligting op die dekblad verskyn.
Pryse
- Eerste prys: Volledige manuskripvoorbereidingspakket van jou eie blitsfiksiebundel.
- Tweede prys: Gratis deelname aan 2026 se Skryfkuns 101-kursus.
- Derde prys: ‘n Skryfkuns 101-handleiding.
- Die 50 beste stories sal in 'n bloemlesing opgeneem word.
- Die wenners sal op 30 April 2026 aangekondig word.
Beoordelingskriteria
- Oorspronklikheid: Hoe uniek en kreatief is jou verwerking van die tema?
- Narratief: Het die storie 'n duidelike begin, middel en einde met 'n bevredigende wending of impak?
- Taalgebruik en genre: Is die storie bondig, lewendig en geskik vir blitsfiksie?
- Tematiese relevansie: Sluit die storie duidelik by die tema Lewe op 'n ander planeet aan?
Wenke vir 'n sterk inskrywing
- Fokus op een idee: Blitsfiksie het nie ruimte vir komplekse subplotte nie. Kies een kragtige konsep, soos 'n enkele ontmoeting op 'n vreemde planeet.
- Skep onmiddellike impak: Begin in die middel van aksie of met 'n treffende beeld.
- Gebruik die omgewing: Laat die planeet se uniekheid jou storie versterk.
- Sluit treffend af: ’n Goeie blitsfiksieverhaal laat die leser nadink. ’n Onverwagse wending of emosionele diepte is die sleutel.
- Hersien noukeurig: Maak seker elke woord tel.
Publikasie en regte
- Deur in te skryf, gee jy toestemming dat jou storie(s) in Kreatio se blitsfiksiebundel opgeneem word.
- Kopiereg behoort aan die skrywer.
- Geen tantième sal betaalbaar wees nie, maar jy sal die bundel teen 'n spesiale prys kan aankoop en vir 'n wins herverkoop.
- Die uitreiking van die bundel hang van die inskrywings se kwaliteit af. Kreatio behou die reg om nie die bundel uit te gee nie.
- Indien jou storie(s) in die blitsfiksiebundel opgeneem word, sal jy teen 30 April 2026 per e-pos in kennis gestel word.
- Indien jy geen korrespondensie ontvang nie, aanvaar asseblief dat jou inskrywing ongelukkig onsuksesvol was, maar moenie huiwer om in die toekoms weer te probeer nie!
