Skryfkuns 101: Aanlyn kursus

Stel jy belang om jou skryfvaardighede te verbeter en die wêreld van kreatiewe skryfwerk te verken? Skryf in vir Skryfkuns 101, 'n aanlyn skryfkursus wat saamgestel is om jou te help om die kuns van kortverhale en digkuns te verstaan.

Hierdie kursus bied twee omvattende modules aan wat jou deur die grondbeginsels van kortverhale en poësie sal lei.

  • Die Inleiding tot Kortverhale-module sal jou leer hoe om narratiewe tot lewe te bring, interessante karakters te ontwikkel en spannende intriges te skep. Deur praktiese oefeninge en insiggewende leiding, sal jy waardevolle tegnieke aanleer om jou stories te laat lééf.
  • Die Inleiding tot Poësie-module sal jou aan die skoonheid en ontwikkeling van poëtiese elemente bekendstel. Hierdie module sal jou kreatiwiteit ontsluit en jou in staat stel om emosies deur digkuns oor te dra. Verskillende vorme van stylfigure, die gebruik van beeldende taal en woordekonomie sal jou poësie tot die volgende vlak neem.

Die aanlyn kursus is geskik vir skrywers van alle vlakke óf jy nou 'n beginner is wat op soek is na 'n stewige fondament, óf 'n ervare skrywer wat nuwe inspirasie soek. Moenie hierdie geleentheid misloop om jou skryfvaardighede te ontwikkel nie. Registreer vandag vir Skryfkuns 101 en betree 'n reis na die wêreld van kreatiewe skryfwerk.

Algemene vrae

  • Wanneer begin die volgende kursus? 8 Junie 2026.
  • Wat benodig ek vir die kursus? 'n Rekenaar, internetkonneksie, 'n e-posadres, 'n Facebook-profiel, die Skryfkuns 101 – Volume 1-handleiding, kreatiwiteit en 'n positiewe gesindheid.
  • Hoe lank duur die kursus? Nege weke – een werkstuk per week (teoretiese en praktiese werkstukke vorm deel van die kursus).
  • Word die kursus in 'n groepsverband aangebied? Nee; aanlyn lesse, algemene inligting en instruksies sal wel op 'n private Facebook-groep deurgegee word, maar alle werkstukke word individueel per e-pos ingedien.
  • Kan ek slegs een module voltooi? Jy is onder geen verpligting om beide modules te voltooi nie, maar die volledige kursusfooi bly betaalbaar. Ons raai elke deelnemer aan om albei modules te voltooi, want handige inligting wat in ander genres van kreatiewe skryfkuns gebruik kan word, word in beide modules behandel.
  • Hoeveel kos die kursus? R2 000 per persoon (handleiding en nasionale versending ingesluit). Indien jy reeds die handleiding Skryfkuns 101 – Volume 1 besit, betaal jy slegs R1 600 vir die kursus.
  • Wanneer sluit die inskrywings? 31 Mei 2026. Beperkte spasie is beskikbaar, en ons beveel aan dat jy jou kursusfooi so gou moontlik ná registrasie betaal.
REGISTREER NOU!