Skryfkuns 101: Selfstudie
Het jy al ooit gedroom om jou eie kortverhale of gedigte te skryf, maar word deur tyd en struktuur gekniehalter? Kreatio bied jou nou die geleentheid met Skryfkuns 101: Selfstudie om jou skryftalent te ontwikkel teen die tempo wat by jou besige lewe pas. Hierdie kursus is spesiaal ontwerp vir aspirantskrywers wat buigsaamheid soek sonder om kwaliteit terugvoer en leiding in te boet.
Wat behels die kursus?
Skryfkuns 101: Selfstudie is ’n selfstudiekursus wat jy oor ’n tydperk van ses maande kan voltooi. Dit sluit ’n omvattende handleiding in wat twee kernmodules dek:
- Die Inleiding tot Kortverhale-module sal jou leer hoe om narratiewe tot lewe te bring, interessante karakters te ontwikkel en spannende intriges te skep. Deur praktiese oefeninge en insiggewende leiding, sal jy waardevolle tegnieke aanleer om jou stories tot lewe te roep.
- Die Inleiding tot Poësie-module sal die skoonheid en ontwikkeling van poëtiese elemente aan jou bekendstel. Hierdie module sal jou kreatiwiteit ontsluit en jou in staat stel om emosies deur digkuns oor te dra. Verskillende vorme van stylfigure, die gebruik van beeldende taal en woordekonomie sal jou poësie tot die volgende vlak neem.
Die handleiding is jou gids deur die kursus en bevat beide teoretiese insigte en praktiese oefeninge wat jou help om jou vaardighede te slyp.
Hoe werk dit?
Nadat jy jou handleiding ontvang het, het jy ses maande om die materiaal te bestudeer en die werkstukke te voltooi.
Die proses is eenvoudig:
- Werk teen jou eie pas deur die handleiding.
- Voltooi die teoretiese en praktiese take.
- Stuur jou werk per e-pos aan jou fasiliteerder.
Hierdie struktuur bied jou die vryheid om te leer wanneer en waar dit jou pas – of dit nou laatnag met ’n beker koffie of tydens ’n rustige Sondagmiddag is.
Wat maak dit uniek?
Hierdie weergawe van Skryfkuns 101 is ’n meer bekostigbare opsie in vergelyking met die amptelike aanlyn kursus, wat videolesse insluit. Hoewel daar geen video-inhoud is nie, verloor jy nie die waardevolle terugvoer wat jou skryfwerk na die volgende vlak sal neem nie. Jou werkstukke word per e-pos aan die fasiliteerder van die spesifieke afdeling gestuur. Dit word noukeurig nagesien en individuele, kritiese en opbouende kommentaar word gelewer. Dit verseker dat jy nie net teorie leer nie, maar ook prakties groei in jou eie, unieke skryfstyl.
Wie kan baat vind?
Hierdie kursus is ideaal vir:
- Beginners wat ’n stewige grondslag in skryfkuns wil lê.
- Besige mense wat nie aan ’n streng skedule kan voldoen nie.
- Skrywers wat hul vaardighede wil verbeter sonder om deur jou nek te betaal.
Waarom Skryfkuns 101?
Jy kry die geleentheid om teen jou eie pas te leer, terwyl jy steeds voordeel trek uit kundige leiding. Dit is ’n belegging in jouself en jou kreatiwiteit.
"Hierdie kursus het my geleer dat mens soms twee of drie brille nodig het om skryfwerk se fyn nuanses te verwerklik in iets wat iemand anders sal aanraak. Daar is verskillende uitkykpunte waaruit mense lees en jou skryfwerk moet mense lok om te lees." – Louis Krouwkamp
Hoeveel kos die kursus?
Die kursus kos R1 200 per persoon (handleiding en versendingskoste ingesluit). Dit is 'n meer toeganklike opsie.
Hoe registreer ek vir Skryfkuns 101: Selfstudie?
Voltooi die aanlyn registrasievorm hier onder. Jy sal binne 48 uur (twee werksdae) ’n faktuur ontvang. Sodra bewys van betaling gestuur is, sal jou handleiding versend word, en kan jy jou skryfreis begin!
REGISTRASIEVORM
Bepalings en voorwaardes
- 'n Faktuur sal binne 48 uur (twee werksdae) ná registrasie per e-pos aan jou gestuur word.
- Gebruik asseblief jou naam en van of die faktuurnommer as betalingsverwysing.
- Registrasie is slegs geldig na bewys van betaling ontvang is. Geen fooie is terugbetaalbaar nie.
- Alle praktiese riglyne, ekstra inligting en instruksies sal per e-pos gedeel word.
- Maak asseblief seker dat jy die korrekte inligting op die registrasievorm invul – veral die afleweringsadres vir die handleiding. Kreatio aanvaar geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting wat ontvang is nie.
- Handleidings word versend binne tien werksdae nadat jou betaling ontvang is. The Courier Guy sal 'n SMS en/of 'n e-pos aan jou stuur sodra jou besending op pad is.
- Die kursus moet binne ses maande voltooi word vandat jy jou handleiding ontvang het. Na die ses maande sal geen verdere evaluering van jou werkstukke plaasvind nie.
